Moeilike ekonomiese toestande
So ‘n paar goedjies wat sal help om te lag oor die huidige ekonomiese toestande….gelukkig is daar nog nie belasting op grappies nie
Dit is altyd beter om geld te leen by ‘n pessimis, ten minste verwag hy dat jy dit nie gaan terugbetaal nie…
Hy probeer baie hard om te begroot, maar teen die einde van sy geld is daar nog maand oor.
Jy is reg as jy sê geld praat…dit sê “Koebaai, Totsiens en Tata”
Geld kan nie liefde koop nie, maar dit kan ‘n baie goeie namaaksel huur
Die grootste verskil tussen doodgaan en belasting? Ten minste word doodgaan nie elke jaar erger met die begrotingsrede en gepaardgaande belastingwet veranderinge nie.










Gesels saam!