Meraai, de rugby weduwee
Een oggend na die bokke die Wallabies slae gegee het op Nuweland sit Gatiep by sy huis aan die ontbyt tafel. Gatiep het ‘n lang dag en nag agter die rug en Meraai gee hom ‘n kyk wat spek kan braai.
“Is djy dan nou weer de donner in omlat ek vanmore drie-uur bietjie onner die weer van Newlands af gekom het?” vra Gatiep terwyl hy sy seer kop vashou.
“Nei,” antwoord Meraai
“Nou is djy dan nou de donner in omlat ek met ‘n ou blou ogetjie by djy huis ingeval het?”
“Nei, Djy’t hom nie gehad toe djy by die huis ingeval het nie”










Gesels saam!