Koos vang vis van kleins af. Hy is die toegewydste visserman wat Suid-Afrika het en elke moontlike oomblik word langs die water spandeer op soek na die grote. Koos se toewyding bring hom eers provinsiale klere en later nasionale klere en nog later internasionale eer met die wen van menige trofies en toekennings as visserman en hengelaar.
Sy passie vir visvang is so groot dat dit hom weerhou van drank en selfs van vrouens, wat hom ‘n baie gelukkige man maak. Eendag, uit die bloute, sonder waarskuwing en tot skok van sy vriende is Koos getroud.
Koos se vrou is nie iets vir die oog nie, om eerlik te wees is sy seker die lelikste vrou wat Suid-Afrika bewoon het. Sy het 4 blonde hare, wat uit haar regter neusgat groei. Haar kop is rooi, nie haar hare nie, haar kop. Sy was maer, brand siek, sit jou uit, ribbebeen maer. Haar pa was ‘n aarbei boer en het haar gebruik as voëlverskrikker op die land. Die voëls was so bang vir haar dat hulle laas jaar se gesteelde aarbeie teruggebring het. As sy straat af loop het die honde stert tussen die bene en tjankend weggehardloop en bewend onder die naaste gebou gaan wegkruip.
Eendag sit Koos en sy jarelange vriend, Piet, en visvang langs die Hartebees en Piet na hy al sy moed bymekaar geskraap het vra die vraag wat almal wil vra.
“Koos ou maat, jy weet almal in Suid-Afrika in die visvang wêreld was ongelooflik geskok toe jy trou. Ons het almal gedink jy leef net vir visvang?”
“Soos ek sê almal was geskok, en verder ou maat, ek is jammer vir hoe sleg dit klink, maar jy is getroud met ‘n vrou wat ons almal dink bietjie tekort skiet aan die skoonheid kant” ” Om dan nou baie eerlik te wees wonder ons almal hoekom op dees aarde jy met so ‘n lelike skepsel getrou het”
Na ‘n lang stilte en met sug antwoord Koos “Ek het getrou met haar want sy het wurms”
