Oom Koos en Tant Sannie gaan dokter toe vir sy jaarlikse check-up. Behalwe vir die vergeetagtigheid, het hy nog meer probleme as ‘n tweedehandse Tata.
Die dokter ondersoek hom en sê, “Oom Koos, kom volgende week weer dan bring oom vir my ‘n bloedmonster, ‘n urinemonster, ‘n stoelgangmonster en ‘n spermmonster.”
“Hoe sê, dokkie?” vra oom Koos.
Tant Sannie gee Oom Koos so ‘n stampie en sê, “Koos, die dokter sê jy moet jou onderbroek vir hom los!”
