Die dokter bel die loodgieter twee-uur in die oggend en sê sy toilet is verstop.
Loodgieter “Maar dit is twee-uur in die oggend!”
Dokter “Ek weet, maar jy het my ook al in die nag gebel met probleme.”
“Goed, ek is nou daar”
By die dokter se huis kyk die loodgieter na die toilet, haal twee pille uit sy sak, gooi dit in die spoelbak en sê vir die dokter: “As dit nie more beter is nie bel my weer.”
