Koos van der Merwe stap eendag by sy dokter se spreekkamer in en kla dat hy dink hy ‘n lintwurm het. Die dokter ondersoek hom deeglik en ewe deeglik stem hy saam dat Koos wel ‘n lintwurm het.
Dokter: “Ek wil hê jy moet more terugkom om jou behandeling te begin, en oor jy nie mediese fonds het nie wil ek hê jy moet vir my ‘n piesang en ‘n koekie saambring.”
Koos is effens verward, maar doen maar wat die dokter soos die dokter vra en die volgende dag is hy daar met die piesang en koekie.
Dokter: “Uitstekend Koos, trek nou asseblief jou broek uit en buk vooroor. Dit gaan nie seermaak nie.”
Nou ja, wat kan Koos doen? Hy trek sy broek af, buk vooroor en die dokter druk die piesang in waar dit eintlik nie hoort nie. Hy wag ‘n minuut, en presies 60 sekonde later volg die koekie die pad van die piesang.
Dokter: “Nou ja, dit was die eerste deel van jou behandeling. As jy wil hê dit moet regtig werk, kom more terug met nog ‘n piesang en nog ‘n koekie.”
Arme Koos is daar weg met trane van pyn en vernedering in sy oë, maar die volgende dag is hy terug; piesang koekie en en seer alie. Presies dieselfde gebeur op dag twee, dag drie en dag vier . . . Eers die piesang, dan die koekie. En so gaan dit vir ‘n hele week lank aan.
Dokter: “Veels geluk, more is jou heel laaste behandeling. Ek wil graag hê jy moet more ‘n piesang en ‘n hamer saambring.”
Koos , bang verby en wil nie eens dink waarvoor die hamer is nie: “Nie ‘n koekie nie dok, is jy seker?”
Dokter: “Nee, ‘n hamer.”
Die volgende dag is Koos terug – met sy piesang en sy hamer.
Dokter:”Nou ja, meneer Van der Merwe, jy ken nou al die roetine. Broek uit, buk af. Die dokter druk die piesang op, kyk op sy horlosie en tel die hamer op.
Een minuut gaan verby. Twee minute gaan verby. Drie minute. En uiteindelik na vier minute…. druk die wurm sy klein koppie by Koos se alie uit en skree:
“Waar de hel is my koekie vandag!?”
