Na ‘n bankroof versprei die Polisie op die dorp waar die roof plaasgevind het 4 foto’s van die bankrower, een van voor, een van agter en een elk van links en regs.
‘n Paar uur later kom ‘n faks terug van die hoof van moord en roof afdeling:
“Het julle foto’s ontvang. Al vier is in hegtenis geneem. Sersant Van Der Merwe”
