Hierdie storie word vertel van Toy Dannhauser, destydse Transvaalse kaptein.
WP en Transvaal is aan die speel op Ellispark met Transvaal wat 8-6 voor is in ‘n baie harde wedstryd. In die doodsnikke van die 2de helfte kry Gert Muller van die WP die bal in die hande en hy laat loop doellyn toe. Syd Nomis van Transvaal kry dit net voor die doellyn reg om Gert oor die kantlyn te sleep en so die wedstryd vir Transvaal te wen. Die Transvaalse kaptein, Toy Dannhauser kan sy blydskap nie keer nie en kom van die oorkant van die veld aangehardloop met sy duime in die lug terwyl hy met jubelende stem aan Sid skreeu “Siddie, Jy’s die beste Jood sedert Moses!”
