‘n Man is per motor op pad werk toe toe hy in ‘n botsing betrokke is en bewusteloos gestamp word. Verbygangers haal hom uit die wrak en na bietjie gespook kom hy weer by.
Skielik begin hy vreeslik spartel en die paramedici gee hom ‘n kalmeerinspuiting. Nadat hy kalemer is vra iemand hom hoekom hy so spartel?
“Ek onthou die slag, maar niks daarna nie,” sê hy. “Toe ek bykom, lê ek op ‘n betonblad voor ‘n groot verligte ‘Shell’-teken. Maar een poephol het voor die ‘S’ gestaan …”
