Een oggend baie vroeg sit Koos die vragmotor bestuurder en koffie drink in die Wimpie by Beaufort-Wes. Terwyl hy en die kelnerin lekker gesels loop daar 3 groot, warm, wilde motorfietsryers en en begin onmiddelik moeilikheid te soek met ou Koos. Die motorfietsryers probeer ywerig vir Koos omkrap met beledigings en aanmerkings oor hom en die kelnerin maar Koos steur hom glad nie aan hulle nie. Na sy koffie gedrink is betaal Koos en loop rustig uit sonder om een keer te lyk asof hy hom vererg vir die motorfietsryers.
“Jou kêrel is maar nie veel van ‘n man nie nè” sê een van die motorfietsryers aan die kelnerin.
“Nee hy is nie, en verder is hy ook ‘n vrot vragmotor bestuurder”, sê sy terwyl sy by die venster uit staar “hy het nou net bo-oor 3 motorfietse gery”
