“Gooi vir my ‘n stywe dop asseblief” sê Koos vir die kroegman toe hy by die kroeg instap. “Ek het sopas weer ‘n verskriklike baklei met my vrou gehad”
“Ag nee man,” sê die kroegman, “hoe het die een verloop?”
“Toe alles oor was,” antwoord Koos, “het sy op haar hande en knieë na my toe aangekruip gekom”
“Regtig, dis ‘n goeie verandering op die reël. Wat sê sy toe vir jou?”
“Kom uit onder die bed jou bang gat bliksem”
