Koos is oorlede en sy vrou gaan na die plaaslike koerant om die doodsberig te plaas.
“Wat vra julle?” vra sy die koerantman.
“Dit is R5 per woord mevrou.” antwoord hy.
“In daai geval plaas net ‘Koos is dood’” beveel sy
“Daar is ongelukkig ‘n minimum bedrag betaalbaar van R40 of 8 woorde dan mevrou”
“Ok, maak dit dan ‘Koos is dood, 1998 Isuzu bakkie te koop’ ”
