Koos en Piet kuier verskriklik in die kroeg, soveel so dat Koos siek word op sy eie hemp. “Sannie gaan my dood slaan, hierdie is ‘n splinternuwe hemp en was nog ‘n geskenk van haar af ook”, kla Koos.
“Nee man, sit ‘n R50 noot in jou hemp se sak, sê haar dit is ‘n ou in die bar wat op jou siek geraak het en jou toe R50 gegee het om dit te laat skoon maak.” is Piet se slim plan.
Toe Koos die aand uiteindelik by die huis kom wag Sannie hom in. “Koos jou dronkgat vanaand slaan ek jou vrek! Jou hemp is ook nog vol gemors, wat gaan an met jou?!”
“Nee, wag nou liefie, die hemp is ‘n ou wat op my gemors het en my toe R50 gegee het vir skoonmaak, kyk hier in my hemp se sak is die R50 as versoeningsgeld.”
Sannie druk haar hand in die hempsak in en haal twee R50 note uit.
“En die, hier is dan twee R50 note?”
Koos kyk na haar met trane in sy oe en sê, “o ja, ek het vergeet, hy het ook in my broek geskyt”
