Koos, Kallie en Mike word deur spietkops naby ‘n groot winkelsentrum in Benoni afgetrek. ‘OK, Tate, het julle ‘n IDEE hoe vinnig julle gery het?’ vra die spiekop.
Julle gaan vandag almal kaartjies kry. Wat is djou naam?’ Koos kyk om en sien ‘n Woolworths se advertensiebord by die winkelsentrum daar naby. ‘Uhh.. my naam? Uhh.. dis Woolworth…. Jakobus Woolworth.’
Spietkop:’OK, Jakobus Woolworth. Vandaag es djy in die moeilikheid.’ Die spietkop beweeg oor na Kallie. ‘Wat is djou se naam, Tate?’ Kallie het Koos se plan gesnap en klaar rondgekyk. Kallie: My naam.. is Edgar.. Edgar Kramer.’
Spietkop: Goed Maneer Kramer, djy is ok in GROOT moeilikheid. Die spietkop beweeg na Mike. Beide Kallie en Koos loer vir mekaar en hou styf duim vas dat Mike al gesnap het wat aangaan, want Mike is nou nie juis die skerpste mes in die laai nie.
Spietkop: ‘En jy, Tate, gee my djou naam.’
Mike lyk nederig genoeg en sê: ‘My naam is Ken.’
Koos en Kallie sug albei van verligting.
Spietkop: ‘Goed Ken, en djou van? Ek wil nie net djou nam hê nie…?’
Mike, selfversekerd: ‘My van? Dis Tuckey Fried Chicken.’
