Jare gelede koop Koos ‘n plaas in die bosveld. Die plaas is leeg en woes en Koos werk hom vir jare lank elke dag flou. In die proses verander hy die plaas na ‘n pragwerk met opstalle, grasperke en saaigrond. In al die jare kom kuier die dominee nooit vir Koos nie. Koos word uiteindelik aangewys as boer van die jaar en die dominee besluit om by hom te gaan kollekteer. Die twee sit op die stoep en tee drink toe die dominee sê: “Broer, jy en die Here het darem mooi saamgeboer hier nè?”
Waarop Koos antwoord: “Ja, dominee, dit is so. Maar jy moes die plek gesien het toe die Here alleen hier geboer het”
