Kevin Rudd, Eerste minister van Australia , word een oggend 4:00 wakker gebel
“Kevin, dit is die minister van gesondheid hier, ek is regtig jammer om jou nou te pla maar ons het ‘n noodtoestand hier. Ek het sopas gehoor die Durex fabriek in Sydney het afgebrand. Daar word beraam die hele voorraad kondome in Australia sal op wees binne 7 dae.
Kevin: ”%$££&&!! Die ekonomie sal nooit al die nuwe babas kan hanteer nie, ons nasie sal in ‘n depressie verval”
Minister van gesondheid:”Ons sal maar kondome moet invoer vanaf Brittanje?”
Kevin: “Geen manier nie, die Rooinekke sal ons nooit die einde hiervan laat hoor”
Minister van gesondheid:”Wat van Suid-Afrika?”
Kevin:”Goed, ek bel hulle nou en vra vir 10 miljoen kondome, 40 cm lank en 15 cm dik. So sal hulle aanhou om die wallabies te respekteer!’
3 Dae later daag die houer om kondome op vanaf SA en Kevin word gevra om die eerste boks uit die skeepshouer oop te maak.
Die boks lewer 40 cm lank en 15 cm dik kondome op, groen en goud gekleur en op elkeen staan daar geskryf
“Made in: South Africa – SIZE: Small”
