Die dominee is op pad terug Vrystaat toe en sit langs ‘n politikus in die vliegtuig. Die lugwaardin kom neem die bestellings en die politikus bestel ‘n dubbel whiskey en soda. Hy sit gemaklik terug in sy sitplek en wil net die eerste genotvolle slukkie neem, toe die predikant hier langs hom baie afkeurend vir die lugwaardin sĂȘ: “Juffrou, ek sal liewer by ‘n vrou van die nag slaap voordat ek sterk drank oor my lippe neem.”
Hier langs hom stik die politikus en gee onmiddellik sy drankie terug aan die lugwaardin. “Haai dominee, ek het nie geweet daar is ‘n keuse nie!”

Wat se die een mot vir die ander mot toe die skoenlapper verby vlieg?
“kyk daai raver”