‘n Ma het baie moeilikheid met haar bekkige vierjarige seuntjie in die kerk. Hy lewer luidkeels kommentaar op alles en, ten spyte van kwaai kyke, ernstige vermanings en waarskuwings, kom hy net nie tot bedaring nie.
Eindelik raak haar geduld op en sy gryp hom en stap met hom oor haar skouer in die paadjie af, deur toe. Toe sy so driftig by die deur uitstap, kyk hy oor haar skouer terug vir die gemeente en sĂȘ met ‘n klokhelder stemmetjie:
“Bid vir my!”
