‘n Man ontmoet ‘n beeldskone blondine en is dadelik verlief op haar. Hy vra ook sommer dieselfde dag vir haar hand.
Sy sê, “maar ons ken mekaar dan glad nie”
Hy sê, “ons sal mekaar leer ken soos ons gaan”
Sy sê toe ja en hulle is dadelik getroud en vertrek toe op wittebrood
Een oggend terwyl die twee langs die swembad ontspan staan die man op en klim tot op die hoogste punt van die duikplank. Hy duik daar af en voor hy die water tref voer hy verskeie moeielike bewegings uit. Die patroon herhaal omsel met die man wat werklik die gaste in bewonderling laat met sy aanskoulike duike.
Hy kom lê weer op sy handoek en sy nuwe bruidjie sê “Dit was ongelooflik, waar het jy dit leer doen?”
“Ek is ‘n Olimiese duik kampioen” sê hy “ek het jou mos beloof ons sal mekaar leer ken soos ons gaan”
Sy bruidjie spring in die swembad en swem sonder om te poos 50 keer heen en weer deur die swembad en toe sy weer kom lê is sy nie eens moeg nie.
“Sjoe” sê die man, “is jy ‘n olimiese swemmer?”
“Nee” sê sy “Ek is ‘n prostituut in Vereniging en werk aan albei kante van die Vaaldam”
