Klein Frikke, 7, vra sy ma een middag na skool ‘Kan ek en ma bietjie man en vrou speel?’. Sy dink dit is snaaks maar besluit om saam te speel.
‘Ou vrou’, sê Jannie terwyl hy sy skooldas afhaal en op die bank gooi nes sy pa ‘ek het ‘n harde dag agter die rug, gooi vir my ‘n dop asseblief’
Jannie plak homself voor die TV neer en sy ma bring vir hom ‘n lekker lang glas Oros.
Na so ‘n rukkie sê Jannie ‘Ou vrou, bring vir my iets om te eet man’. Sy ma bring vir hom ‘n lekker tamatie en kaas snackwich en Jannie smul omtrent daaraan. Na hy klaar is los hy ‘n lekker wind, nes sy pa, vat aan sy maag en sê vir sy ma ‘Ou vrou, trek jou klere uit dan gaan lê ons bietjie skuins man’
Wat?!, vra sy ma geskok.
‘Trek uit jou klere, sodat ons op die bed kan gaan lê’, antwoord Jannie
Sy ma is hoogs ontsteld, gryp hom aan sy oor en sleep hom kamer toe waar hy die res van die dag moet huiswerk doen. Die aand vertel sy vir Jannie se Pa wat gebeur het. ‘Ag ou vrou, hy speel net, ek sal dit nie ernstig opneem nie’
So 2 dae later kom Jannie weer van die skool af met die storie en sy ma besluit vandag speel sy hom end uit. Dis weer ‘n dop, iets om te eet en toe kom die klere en skuins lê ding. Sy gaan toe maar in die badkamer in, trek haar klere uit, en trek haar kamerjas aan en toe sy uit kom kry sy vir Jannie op die bed lê in sy onderbroek besig om koerant te lees, presies nes sy pa maak. Sy is nou diep bekommerd maar klim maar so op die verste kant van die bed. Na ‘n rukkie sit Jannie die koerant neer, en skuif nader aan sy ma. Hy sit is hand om haar lyf en leun nader om in haar oor te fluister. ‘WAT NOU?!’ dink sy.
‘Ou vrou’, fluister Jannie sag in haar oor, ‘dink jy nie dit is tyd om vir Jannie ‘n BMX te koop nie?’
