Jannie trap oor die tou en kleinboet help
Die omie kom op ‘n Vrystaatse plaas aangery. Hy klop aan die deur en Jannie se kleinboet maak oop.
“More, boetie. Is jou pa hier?”
“Nee, oom. Hy en ma is dorp toe”
‘Is jou ouboet Jannie dalk hier?”
“Nee, oom. Hy is op kosskool. Hy kom eers volgende naweek weer huis toe, maar kan ek oom dalk help?”
“Nee, man. Om die waarheid te sê, ek wil dringend met jou ouers praat. Jou broer Jannie het my dogter swanger gemaak”
“Gits, oom, ek weet nie so mooi wat om vir oom te sê nie. Ek weet my pa vra R1000 vir die bul en R500 vir die stoetram, maar ek weet regtig nie hoeveel hy vir Jannie vra nie.










Gesels saam!