Klein Jannie “tune” sy ma hy wil praat oor Kersgeskenke.
“Ma,” reken die mannetjie. “Ek soek ‘n fiets vir Krismis.”
Maar Jannie is eintlik bitter stout en hy maak altyd moeilikheid by die skool en met sy gesin. Sy ma reken hy moet eers dink aan hoe hy die jaar opgetree het. Dan moet hy vir Jesus ‘n briefie skryf en verduidelik hoekom hy ‘n fiets moet kry.
Hoogs befoeterd, gaan Jannie na sy kamer toe.
Brief 1
Liewe Jesus,
Ek was baie soet hierdie jaar. Kan ek asb ‘n fiets kry vir Krismis? ‘n Rooie.
Jannie
Na hy bietjie gedink het weet Jannie hierdie storie gaan nie werk nie.
Hy was regtig onmoontlik en baie stout deur die jaar.
Brief 2
Liewe Jesus,
Ek was redelik soet hierdie jaar en sal hou van ‘n rooi fiets vir Krismis.
Jannie
Weer weet Jannie hy vat ‘n kans. Hy skeur die briefie op en begin oor.
Brief 3
Liewe Jesus,
Ek was ‘n paar keer soet en dit sal nice wees as jy maybe vir my ‘n fiets kan gee vir Krismis.
Jannie
Amper dadelik weet Jannie dit gaan nie werk nie. Nou’s hy eers kwaad. Hy’s uit kombuis toe en vra sy ma of hy gou kerk toe kan gaan. Sy dink: mooi, die plan het gewerk, hy dink nou anders oor die saak. “Wees net betyds vir ete,” roep sy agterna.
By die kerk gekom stap Jannie na die altaar toe. Hy kyk rond , sien niemand, en steel die Maria beeldjie. By die huis gekom gaan sit hy in sy kamer en trek weer die skryfblok
nader. Nou’s hy reg vir die brief.
Brief 4
EK HET JOU MA. AS JY HAAR WEER WIL SIEN, STUUR ‘N FIETS – ‘N ROOIE.
GETEKEN
JANNIE
