Janinie kom die huis binne terwyl hy droewig huil en sy agterstewe vryf.
“Wat’s fout boetie?” vra sy ma besorgd.
“Pappa het sy duim met die hamer raakgeslaan” verduidelik Jannie al snikkend.
“Dis nie iets om oor te huil nie -” probeer ma troos – “Jy moet daaroor lag”
Met ‘n bewende stemmetjie antwoord die knaap “Ek het!”
