Die juffrou spandeer die hele periode om magnete aan haar klas te verduidelik in die natuurwetenskap klas. Sy wys hoe magnete spykers optel en wat dit doen met ystervylsels.
Toe dit uiteindelik vraetyd is, sê sy: “My naam begin met ‘n ‘M’ en ek tel allerhande goed op – Wat is ek?”
Sonder om te aarsel se klein Jannie: “Juffrou is ‘n Ma!”
