Die Graad 6 juffrou vra vir die klas, “Watter deel van die mens se liggaam vergroot na tien keer sy normale grootte wanneer dit gestimuleer word?”
Niemand antwoord totdat Marie opstaan en sê, “Juffrou mag nie sulke vrae vir graad sesse vra nie. Ek gaan my ouers vertel en hulle sal die hoof vertel en hy sal jou wegjaag.”
Die juffrou ignoreer haar en vra weer die vraag.
Marie sê vir die klas in die algemeen, “En dan gaan sy in groot moeiliheid wees.”
Die juffrou ignoreer haar nog steeds en vra, “Wil niemand antwoord nie?”
Jannie staan huiwerig op en sê, “Dit is die pupil van die oog.”
“Baie mooi Jannie,” sê sy terwyl sy na Marie draai en voortgaan, “en vir jou jonge dame het ek drie goed te sê. Eerstens het jy vuil gedagtes, tweedens het jy nie jou huiswerk gedoen nie, en derdens gaan jy eendag baie, baie teleurgesteld wees.”
