‘n Groot sterk man loop in ‘n Wes-Kaapse Spar in en by die groente afdeling sê hy vir die groente assistent: “Ek wil ‘n halwe slaaikop koop”
“Jammer meneer hier is nie halwe slaai koppe te koop nie”
Die man gryp ‘n slaai kop en skeur dit in die halfte en loop daarmee na die betaalpunt. Daar gekom weet die Spar dame nie hoe om dit te verkoop en sê sy sal eers met die bestuurder moet praat. Sy loop na die bestuurder toe en sê “Hier is een of ander groot dom drol wat ‘n halwe slaaikop wil koop…” en sy sien op daai oomblik die man het agter haar aangeloop en alles gehoor wat sy sopas gesê het. Sy dink vinnig en voeg by “…en hierdie vriendelike sterk meneer het aangebied om die ander helfte te koop.”
‘n Paar dae later roep die bestuurder haar nader en sê: “Ek hou van iemand wat op sy of haar voete kan dink. Ek wil jou Gauteng toe stuur vir opleiding as ‘n bestuurder”
“Gauteng toe? Net hoere en Blou Bulle kom van Gauteng af”
Winkelbestuurder: “Jy weet seker nie maar my pragtige vrou kom van Gauteng af”
“Wel meneer, watter posisie het jou vrou gespeel”
