Hoekom, hoekom, hoekom?
Verskaf gerus materiaal aan ons by grappies@lagjoudoos.co.za
Twee vreemdelinge, ‘n man en ‘n vrou, beland per ongeluk(ons kan aanneem sulke ongelukke gebeur net in Suid-Afrika) saam in een kompartement op die trein.
Hulle doen hulle bes om plekke te ruil met ander passasiers van dieselfde geslag, maar sonder sukses. Dit is net vir een nag besluit hulle en sal maar die beste van hierdie slegte saak maak. Die man bied galant aan om die boonste van die twee slaapbanke te vat sodat die dame nie hoef te sukkel om in/uit die bed te klim nie.
In die middel van die nag skud die man die vrou wakker. “Skuus tog dame, maar wil jy nie net jou hand daar in die kas druk en vir my nog ‘n kombers aangee nie. Dit is verskriklik koud hierbo.”
“Ek het ‘n beter idee.” sê die vrou. “Hoekom maak ons nie net vir vannaand asof ons man en vrou en getroud is nie?”
“Dis reg met my!” antwoord die man opgewonde.
“Goed.” sê sy “Kry jou eie $$&!£$% kombers!”










Gesels saam!