Die ou kuier die oulikste meisie raak in ‘n dansplek.
Hulle kliek dadelik en eindig later die aand in die meisie se slaapkamer op.
Op haar spieëltafel is daar ‘n foto van ‘n man.
“Wie is dit?” vra die ou.
“O, dis niemand nie!” sê die meisie.
“Dis nie dalk jou man hierdie nie?” vra die ou agterdogtig.
“Nee glad nie!”
“Is dit jou kêrel?”
“Nee, ek het nie so iets nie, los nou die foto!”
Aand na aand is dit dieselfde storie. Die ou kan net nie uitvind wie die kêrel op die foto is nie en dit pla hom vreeslik. Na baie maande besluit hulle om te trou, en op die eerste aand van hulle wittebrood dring die man daarop aan om te weet wie op die foto is.
“Nou as jy dan regtig moet weet:” sê sy, “Dis ek, voor die operasie!”
