Nie seker of ek jou wil herinner dat jy in SA bly nie maar nou ja…
- Gaan na jou naaste tweedehandse klere winkel en koop ‘n gebruikte stel ”Steel Point Boots” verkieslik size 14-16.
- Plaas dit op jou stoep langs n paar lee bier blikke saam met ‘n Guns&Ammo tydskrif en ook ‘n paar jagters tydskrifte.
- Plaas dan ook 2-4 groot staal honde bakke by die spul (verkieslik leeg).
- Los ‘n nota op jou hek waarop die volgende geskryf is:
‘Hey Jan, Dik Frik, Spyker EN Gert, Ek is uit na die geweer handelaar vir nog ammunisie. Terug oor ‘n uur. Moenie mors met die honde nie!!! – Hulle het vanoggend die posman gebyt en hy is sleg opgeneuk. Ek glo nie Boelie was betrokke nie maar mens sal nie kan sê nie………. ek kon nie uit maak met al die bloed en bytmerke nie
NS – Ek het hulle almal in die huis toe gemaak. As ek julle is wag ek eerder buite!!’
En dis hoe jy jou huis beveilig! .
Dankie John, ek hoop die posman het dit gemaak..

Die graad een juffrou wys die kindertjies n foto van Zumma.
En vra “weet julle wie die is?”
Na n lang ruk steek en seuntjie sy hand op…
“Juffrou ek weet nie wie hy is nie, maar ek weet hy werk vir die weer buro”
Verbaas vra die juffrou,”nou hoekom se jy so?”
“Juffrou, elke keer as die man op die TV. verskyn, se my pa…”daar is die donnerweer”…”.