grappies
Home » Grappies

Hipnotiseer se ongelukkie

Dit was onthaal aand by die ouetehuis en Klaus die hipnotiseer is genooi om die ou mense te kom vermaak.
Hy verduidelik: “Ek gaan julle almal in ‘n beswyming laat verval en julle gaan dan presies maak soos ek sê…”

Die opgewondenheid loop hoog en Klaus haal sy pragtige antieke sak horlosie uit sy sak en begin dit heen en weer te swaai op die verhoog.
“Hierdie oorlosie is al 200 jaar in ons familie, ek wil hê julle moet stip na die horlosie kyk. Sien hoe dit heen en weer beweeg. Links en regs, heen en weer.”
Voel julle self oorgee aan die beweging, heen en weer, …..heen en weer”

Die ou mense raak vasgevang in die heen en weer beweging van die horlosie. 100de Paar oë volg die heen en weer, heen en weer beweging en verval in ‘n beswyming tot die horlosie per ongeluk uit Klaus se vingers glip en stukkend val op die vloer.

“KAK!” skree Klaus

Dit het 3 weke gevat om die ouetehuis weer heeltemal skoon te kry.

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.