‘n Boer ry mark toe om hom ‘n haan vir die plaas te koop wat al sy hennetjies op die plaas kan raps. Die verkoper op die mark verseker die boer dat Henri die haan net die regte hoender vir hom is want Henri, die haan is die vurigste haan in die land.
By die plaas aangekom sê die boer vir Henri, “Ek maak staat op jou om al die hennetjies op die plaas by te kom, ek soek eiers” Henri draai net daar om en loop die hoenderhok binne.
Getrou aan die verkoper se woorde speel hy in ‘n japtrap klaar met al die hennetjies. Jy sien net vere en stof waai soos hy hulle een na die ander deurdraf. Nadat elke hen op die plaas twee keer bygekom is en meeste amper geen veer meer op hulle koppe oor het nie is Henri nog ver van klaar. Hy hardloop toe sommer die varkhok binne en elke sog op die plaas word gestreep, daarna is dit die skape om die plaashuis se beurt. Die boer kan nie sy oe glo nie en hy probeer stop: “Henri, STOP, jy gaan jouself vermoor teen hierdie pas!” Daar is egter geen keer aan Henri nie en die plaasdiere word die een na die ander beetgekry.
Die volgende oggend kyk die boer by die voordeur uit en sien Henri op sy gras le, bene in die lig, oë omgedop en met sy tong wat effens uithang. Daar draai klaar ‘n aasvoël bo hom in die lug rond.
Die boer loop na die haan en sê vir homself “Arme ding, kyk nou net, hy het homself vermoor nadat ek het hom probeer keer het”
“Ssshhhh” fluister Henri terug, “Daai aasvoël kom al nader”
