‘n Man gaan na die polisie stasie toe en wil met die inbreker wat gisteraand by sy huis ingebreek het en toevallig daarna deur die buurtwag op straat gevang is gesels.
“Jy sal jou kans kry om met hom te gesels in die hof” sê die Sersant by die polisie
“Nee, nee, nee”, sê die man. “Ek wil weet hoe die vullis dit reggekry het om in die huis te kom sonder om my vrou wakker te maak. Ek probeer al jare lank sonder sukses!”
