Sawubona, Molo, Hello, Dumela, Ndaa, Abusheni
Dag
Hier sal jy Afrikaanse grappies en ander Suid-Afrikaanse humor kry. Bly ‘n rukkie hier(op die werf, nie die blad spesifiek nie, Barbie…) (Her)ontmoet ou Suid-Afrikaanse grapkaste soos Gatiep, Jannie, Koos en ook “regte” kunstenaars soos Tolla en Casper (of dan vir die feministe van Sannie en Meraai tot Dowwe Dolla).
Jy is welkom om hier rond te kuier vir eie vermaak of om ‘n ietsie te kry vir byvoorbeeld jou troue, jou onthaal, jou verjaarsdag, jou braaivleisvuur, jou toespraak of jou begrafnis.
LET OPdie materiaal hier mag wel hier gebruik word volgens my beste wete – gaan lees hier – indien ek verkeerd is kontak my sodat ek dit kan regstel!
—————————————————————————
Nog steeds op die bladsy(Barbie?)
Afrikaanse humor is eg Afrikaans ;) Die webblad is ‘n versamelpunt van vrye gebruik items en ek onderstreep Afrikaans as beste taal. Hierdie is nie die plek vir rasisme, politieke standpunte, seksisme en al die ander dinge waaroor ons elke dag kan baklei nie, so as jy iets raaklees waaroor jy wil baklei word een van 2 aksies voorgestel:
a) Gaan onmiddelik na die volgende grappie
b) Stuur vir my ‘n grappie wat jou punt bewys. As jy dus ‘n bulls ondersteuner is en daar is ‘n grappie wat jou ontstel stuur my een oor die Stormers..
Jou uitnodiging om hier rond te hang word teruggetrek indien jy hier is vir moelikheid maak…
Ek is natuurlik altyd op soek na nuwe materiaal en voorstelle oor wat om beter te doen.
Stuur gerus enigiets wat jy/djy/julle/u op die hart het aan grappies@lagjoudoos.co.za.
(Jy word dalk ingeskryf vir ‘n trekking waar lekker goeters aan jou gestuur sal word as jy wen, as jy materiaal verskaf!)
LET OP, geen kaal foto’s van jou ma of suster of jou hond of jou….. sal geplaas word nie, ongeag hoe snaaks dit is!
