grappies
Home » Grappies

Groendakkies

19 May 2009

Op ‘n besoek aan ‘n hospitaal vir verstandelik gestremdes vra ‘n besoeker een van die dokters: “Wat presies is die kriteria wat bepaal of ‘n pasiënt opgeneem word of nie?” Hy merk ook op: “Die mense wat Ons tot dusver hier gesien het, lyk vir my so normaal soos ek en jy.”
“Wel,” antwoord die geneesheer, “ons maak ‘n bad vol water. Dan kry ons pasiënt ‘n teelepel, ‘n teekoppie en ‘n emmer. Ons sê vir hom/haar dit is ‘n baie belangrike toets. Die spoed waarmee hy/sy dit gaan afhandel, sal deurslaggewend wees. Ons wys hom die stophorlosie wat gebruik word om die tyd noukeurig te bepaal en vestig ook weer sy aandag op die teelepel, die koppie en die emmer. Hy word dan gevra om die bad so vinnig as moontlik leeg te maak.”
“Mmmmmm . . . Ek verstaan,” sê die besoeker. ” ‘n Normale persoon sal die emmer gebruik, want dit is groter as die teelepel en die koppie.”
“Nee,” sê die dokter. “Enige normale persoon sal die prop uittrek. Wil jy ‘n bed naby die venster hé? ”

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.