Waarvoor word beesvelle gebruik?
-om die bees binne te hou
Wat is outobiografie?
-dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar
Noem 5 dinge wat melk bevat?
-kaas, botter en 3 koeie
Wat is die verlede tyd van eet?
-Honger <
Wat is die verkleinwoord van Oupa?
-Kleinseun
Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
-kleinteef
Wat is die doel van die kies- en oogtande?
-die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.
Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas…
-hoe groter haaspastei
Wat is die meervoud van kabeljou?
-kabeljulle
Maak ‘n sin met “ter aarde bestel…”
-”Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?”
Formule vir ‘n sirkel se omtrek:
-paai straal kordaat”
Wat is teenoorstaande hoeke?
-Hoeke wat vir mekaar kyk
Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
-omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
Wat is ‘n terminale siekte?
-As jy op die lughawe siek word!
Vertaal in Afrikaans: “I beg your pardon?”
-HuH?
Wat noem ons iemand wat velle looi?
-Onderwyser
Wat kry jy as jy jou melktande wissel?
-Pepermenttande
