Die jong paartjie probeer al ‘n geruime tyd om ouers te word sonder sukses. Op n dag kom groet die Priester hulle oor hy verplaas is na Bitterfontein. Die paartjie vertel hom van hulle probleem en die priester sê hy sal n kers vir hulle aansteek op Bitterfontein. ‘n Paar jaar later is die priester weer op die dorp en gaan kuier by hulle. By die voordeur sien hy 5 paar kinners skoentjies lê. Hy gaan binne en wens die vrou geluk. “Maar waar is jou man vandag ek sal hom ook graag geluk wil sê” vra die Priester.
“Hy is Bitterfontein toe om daai kers te gaan doodblaas”
