Goed, iemand hou nie van die mense in Boksburg nie. Die hoeveelheid goed wat ek oor hulle en Danville kry is skrikwekkend.
Wat noem jy n ou in Boksburg met skoene aan?
-’n besoeker.
Twee Boksburg girls spring van ‘n mynhoop af. Wie wen?
- Samelewing.
Wat noem jy ‘n 30-jarige Boksburg girl?
- Ouma.
Hoekom het die Boksburg girl die pad oorgesteek?
- Om ‘n fight te begin met ‘n absolute vreemdeling vir geen rede nie.
Wat noem jy ‘n Boksburg girl in ‘n wit sweetpak?
- Die bruid.
Wat is die eerste vraag tydens ‘n Boksburg pub quiz?
- Wat kyk jy?
Twee Boksburg laaities in ‘n kar sonder enige musiek – wie bestuur?
- Die polisieman.
Wat noem jy ‘n Boksburg ou in ‘n pak klere?
- Die beskuldigde.
