Koos se vroutjie is swanger, maar oor hulle baie ver van enige mediese hospitaal is moet hulle maar nood reëlings tref vir die groot dag. Hy vra sy vriend Piet, ‘n timmerman, of hy sal kan help want Piet was darem ‘n mediese ordonnans in die destydse weermag.
“Ja seker”, sê Piet, ek het nog die noodhulp tassie wat die weermag vir my gegee het. Op die dag bel Koos vir Piet en sê hom dis sulke tyd. Piet storm die kamer in en maak die deur agter hom toe. Na ‘n paar min kom Piet uit: “Koos bring vir my ‘n skroewedraaier” Koos is te verbaas om te vra en bring dadelik een. Na ‘n rukkie is Piet weer buite:”Bring gou vir my ‘n hamer” Weer maak Koos soos hy gevra word. Piet hardloop ‘n minuut later weer uit: “Koos, maak gou ek het ‘n byl nodig”
“Wag!, wat de hel gaan daar binne aan!?” bulder Koos
“Ek kry nie die vervloekte noodhulp tassie oop nie man!”
