Twee vroumense is aan die golf speel. Die 1ste een slaan af en kyk in afgryse hoe haar bal reguit na ‘n ander groepie mans trek daar naby. Die bal tref die een man en onmiddellik slaan hy sy hande tussen sy bene saam en val grond toe.
Die vrou hardloop onmiddellik oor en begin sommer al op ‘n afstand verskoning aan te bied vir die ongeluk.
“Ek is jammer, Ek is ‘n Fisio en as jy my toelaat kan ek probeer om die pyn te verlig”
“Dit is OK ek sal oor ‘n paar minute dalk weer reg wees” kreun die man, terwyl hy steeds opgekrul lĂȘ met sy hande tussen sy bene.
Die vroutjie voel baie sleg en op haar aandrang laat hy haar toe om te help. Sy neem versigtig sy hande weg, maak sy gulp oop en sit haar hand in. Sy gee hom ‘n baie sagte, lekker massering en vra hom later: “Hoe voel dit nou?”
“Ek voel baie beter, maar ek dink nog steeds my duim is gebreek”
Skryf gerus in op RSS feeds of epos hier om op hoogte te bly van wat op die werf aangaan
-klik hier -Amper soos om jou buurman te beloer deur sy oop venster

Lekker pel.
Moerse naais webwerf. Is daar ‘n iets soortsgelyk aan rek jou bek in PTA?
Hi. Dankie.
Die manne van rek jou bek het my eendag gevra om hulle goed op te sit en ek het daarna nie weer iets gehoor nie. (Nogal gedink hulle sal goed aanstuur ;) ) Ek stuur gou die skakel/link na die ou wat my daai tyd gekontak het sodat hy dan sommer self hier kan kom vertel of hulle al tot in PTA gevorder het.
Groete
Op die oomblik is daar nie ‘n Bekrek Show in PTA/JNB nie, maar ek weet van Afrikaanse Komediante in PTA/JNB wat graag shows daar wil doen. Ding is ek ken nie die area nie, so as enige van julle weet van Pubs/Clubs/Teaters wat Afrikaanse komedie shows wil hou, dan laat my weet…
brent@comedyshop.co.za