Die ou slang gaan sien sy Dokter. “Dok, ek soek iets vir my oë, ek sien deesdae glad nie meer lekker nie.
Die dok gee hom ‘n bril en vra hom om oor twee weke weer te kom. Na twee weke kom die slang terug en die dokter sien hy is sommer lekker dikbek. Die Dok vra “Wat is fout? Het die bril nie gehelp nie?”
“Die bril is 100% dok, ek het maar net uitgevind ek het al vir twee jaar ‘n verhouding met die tuinslang”
