Gebed met waarskuwing
Hierdie storie word vertel oor Springbok Hennie Muller
Op die 1951/52 Springbok toer aan Engeland word die manne deur die die Lord Mayor of burgemeester van Londen genooi om te kom eet. Dit is ‘n baie spoggerige geleentheid met net die beste kosse, silverware en spierwil linne wat gebruik word. Die spanbestuur kom te hore dat van die spelers van voorneme is om ‘n teelepeltjie of ander item vas te le as aandenking van die spesiale geleentheid. Op die staduim is die kaptein Basil Kenyon in die hospitaal met ‘n oogbesering en Hennie Muller neem as kaptein waar. Nadat die burgemeester hulle welkom heet vra hy toe of hy maar die tafelgebed in Afrikaans kan doen want hulle regte kaptein is in die hospitaal en die manne verlang bietjie huistoe. Die burgemeester beduie dat hy maar kan voortgaan en terwyl almal met geboë hoofde en toe oë sit bid Hennie: “Die Liewe Vader weet as enigeen van julle ouens vandag ‘n lepel of ‘n vurk of ‘n mes steel, sal hy deur my persoonlik gedonner word, Amen.”










Gesels saam!