Gatiep en sy bra kuier die hele nag in loop straat. In die vroeë oggend ure wil hulle huis toe gaan maar geen busse loop meer nie en die twee word gedwing om al slingerend aan te stap Mitchells Plain toe.
Na hulle hulself omtrent moeg geloop het loop hulle verby die bus depot. Gatiep, die slimmer een as die drank praat, stop sy bra en sê: “Hey, hoekom spring djy nie or die drad en kry vir ons ‘n bus nie, dan cruze ons huis toe inni bus?” Ek sal hier stat en check vir die cops”
Die bra spring oor die draad en ‘n paar min later hoor Gatiep ‘n bus aan skakel, bietjie rond beweeg en weer af skakel. So gaan dit voort met ‘n bus wat aanskakel, rondbeweeg en afskakel vir seker 30 min. Gatiep besluit sy bra se moer, hy is besig om grappies te maak en begin weer aanloop huis toe. Die volgende oomblik is daar ‘n geraas, in die heining verskyn ‘n gat en ‘n bus stop langs Gatiep.
Bra: “Spring, spring, waarheen loep jy nou ons ry somme die bus huis toe”
Gatiep: “Djou ma man, waar was djy die hele tyd gewies?”
Bra:”Jinne my broertjie, wiet djy hoeveel busse moes ek move om by die Mitchels Plain bus te kom”
