Word vertel as “ware verhaal”….
Frik du Preez (Oud Rugby Springbok) tree een aand op as gasspreker by die Harlekyne in Pretoria. Hy besluit hy moet darem bietjie Engels ook praat as welwillendheidsgebaar. Hy sukkel maar en toe hy na ‘n “lugspieëling” wil verwys in Engels gaan haak hy vas. Na ‘n bietjie kopkrap noem hy dit toe ‘n “miracle”, maar een van die manne agter in die saal probeer hom onmiddelik reghelp:
“Dit is nie ‘n ‘miracle’ nie maar ‘n mirage”
Waarop Frik vir die man sê: “Moet nou nie nonsens praat nie man. ‘n Mirage is ‘n vliegtuig”
