Die trein was vol gewees en die Amerikaanse soldaat wat moeg na die oorlog terug kom stap die hele lengte van die trein op soek na ‘n sitplek maar die enigste oop sitplek word gebruik deur die poedel van ‘n goedgeklede Franse dame.
“Dame”, vra hy in ‘n moeë stem, “Mag ek maar hierdie sitplek kry?”
Die Franse dame snuif en sê so in die lug “Julle Amerikaners is so onbeskof. My kleine Fifi sit mos klaar op die stoel”
Die Amerikaanse soldaat loop weer eens die hele lengte van die trein deur maar die enigste moontlike sitplek is onder daai hond.
“Mevrou, ek is baie moeg, kan ek maar die stoel kry?”
“Julle Amerikaners is nie net onbeskof nie, julle is ook arrogant”
Die soldaat sê niks nie, tel die hond op, loop na die naaste venster en gooi Fifi daar uit en gaan sit toe op die oop stoel.
Die Franse vrou gil “Iemand beskerm my eer en kom sit die Amerikaner op sy plek!”
‘n Engelsman wat daar naby sit en die hele storie gesien het sê vir die Amerikaner: “Julle Amerikaners is onbeskof, arrogant en dan doen julle ook nog alles verkeerd ook. Julle hou julle vurk in die verkeerde hand vas, julle ry aan die verkeerde kant van die pad en nou Meneer, nou gaan staan en gooi jy die verkeerde teef uit die trein uit.”
