…nadat ek nou weer gedwing word om te gaan Fica vir geen goeie rede nie, kom die een by my op
Oom Koos kan op ‘n dag nie meer al die “Kom ons Fica Jou” briewe meer ignoreer nie aangesien hy ‘n lening benodig, sy tjekboek sonder tjeks is en sy kredietkaart reeds buite die verval datum is. Noodgedwonge gaan hy bank toe om die bankbestuurder, Mnr LowBlow, te gaan spreek.
Voor by ontvangs vra hy die PA om hom te sien. “Jammer Mnr Koos, maar Mnr LowBlow is laas week oorlede.”
Koos is daar weg maar daag na ‘n uur weer op by die PA en vra om Mnr LowBlow te sien. “Jammer Mnr Koos, maar soos ek gesê het Mnr LowBlow is laas week oorlede.” Weer is Koos daar weg maar na 30 min staan hy weer voor die PA en weer wil hy die bankbestuuder sien. Teen die tyd is die PA al bietjie krapperig “Mnr Koos, ek het mos gesê hy is oorlede ek gaan myself nie weer herhaal nie!”
“Asseblief, asseblief”, sê Koos, “Ek wil dit nog net een slag hoor”
