‘n Man met in ‘n pak en ‘n skryfbord in die hand druk die klokkie by ‘n groot huis in Gauteng se sekuriteitshek. Die Rottweiler en Maltese poedel gaan mal en deur die geraas antwoord die huiseienaar “Ja, waarmee help ek?”
“Jammer om u te pla meneer, maar ek doen ‘n opname vir ‘n groot farmaseutiese maatskappy oor die gebruik van Vaseline, mag ek ‘n minuut van u tyd kry?” antwoord die man by die hek.
“Ja, laat loop met jou vrae”
“Is u ‘n gereelde of ongereelde gebruiker van Vaseline?”
“Ek is ‘n gereelde gebruiker, ek gebruik dit al vir solank ek kan onthou”
“En as ek mag vra, waarvoor gebruik u Vaseline?”
“Vir 3 dinge, gebarste lippe, vir skaafplekke as ek gaan draf en natuurlik vir seks”
“Uh, hmm en as ek dan mag vra hoe gebruik u dit vir seks meneer?”
“Ek smeer dit aan die kamer se deurknop” sĂȘ die huisenaar
“Op die deurknop?! En wat maak dit dan op die deurknop meneer?”
“Dit hou die kinders uit”
