Twee pas getroude vrouens praat oor voorbehoeding…
“Watter vorm van voorbehoeding gebruik julle?” vra die een.
“Die emmer en piering metode”
“Nou wat is dit?”
“Maklik vrou. My man is mos baie korter as ek. So as hy die behoefte het dan doen ons dit maar terwyl hy op ‘n emmer staan om mooi by te kom. Ek hou hom dan fyn dop en sodra sy oe so groot soos pierings word, dan skop ek net die emmer onder hom uit!”
