Tydens ‘n hofsaak in die Elsies Rivier Magistraatshof roep die aanklaer sy eerste getuie na die getuiebank, ‘n bejaarde ou dame. Hy nader haar en vra: ” mev. Jantjies, ken jy my?”
Sy antwoord: “Ja, of course ken ek djou mr. Williams, djy’t dan voor my groot geword – maar was djy nie ‘n disappointment nie: Djy lieg en bedrieg, hoer agter djou vrou se rug en skinner van ander mense. Djy dink djy’s a big shot, maar het die brains om te wiet dat djy maar net ‘n ordinary office clerk gaan bly nie. Ja-nee, ek ken vir jou!!!”
Die arme advokaat was geskok. Hy weet nie mooi wat om te se nie en wys in die rigting van die advokaat vir die verdediging, en vra: “mev. Jantjies, ken jy die advokaat vir die verdediging?”
Sy antwoord weer: ” Ja, of course, vir hom ken ek ook vandat hy ‘n laaitie is – hy’s lui, drink ‘n bietjie te veel en sy law practice is van die worst innie land. Hy’t ook al drie keer op sy vrou ge-cheat. Ja, ek ken hom.”
Die advokaat vir die verdediging val amper van sy stoel af van skok. Net toe roep die Magistraat die hof tot orde en vra die advokate to “approach the bench”, en se toe in ‘n sagte, dog ernstige stem vir hulle: “As enige een van julle twee donners vir daai antie vra of sy vir my ken, dan m*&^r ek julle altwee in die @#$% tronk!!!!
Teken in op weeklikse epos opdaterings. Jou epos sal nie gedeel word nie.
