Ek wil nie ‘n soldaat wees nie
Die Weermag sersant merk op dat een van die troepe bietjie snaaks optree. Die troep loop rond en as hy ‘n papiertjie sien rondlê tel hy dit op,kyk daarna, roep hard “Dit is nie dit nie!” en gooi dan weer die papiertjie neer.
Die troep word vir evaluasie gestuur na die weermag sielkundige wat hom goed ondersoek en tot die slotsom kom die troep is ongeskik vir verdere diensplig. Die sielkundige teken sy ontslagbrief en sit dit op sy lessenaar neer waar die troep dit optel, lees en uitroep “Dit is dit!”










Gesels saam!