Die dronkie strompel by die kroeg se deur uit in die parkering in. Hy kom by die eerste kar en voel voel so aan die dak “Nie die enetjie nie” mompel hy terwyl hy na die volgende voertuig slinger en aan sy dak begin voel “ook nie die enetjie nie” mompel hy weer.
“Wat voel voel djy so aan die karre se dakke” vra die kar oppasser.
“Ek soek my kar” sê die dronkie
“Nou waarvoor soek djy op die kar se dak?” vra die kar oppasser
“Ek soek ‘n blou lig…”
